Laerskool Oranje Noord Laerskool Oranje Noord
Laerskool Oranje Noord Laerskool Oranje Noord
Laerskool Oranje Noord
Laerskool Oranje Noord
Laerskool Oranje Noord
Laerskool Oranje Noord
Laerskool Oranje Noord
Laerskool Oranje Noord
Laerskool Oranje Noord
Laerskool Oranje Noord
Laerskool Oranje Noord
Laerskool Oranje Noord
 
 

Ons Skool:

Voorwoord | Algemene Inligting

Kultuur: Musiekfees| Junior Prefekte | Musiekonderrig | Skoolkoerant | Skoolkoor | Slagorkes
Sport: Atletiek | Balspele | Junior Hokkie | Mini Krieket | Mini Netbal | Rugby | Tennis | Swem
Ander: Pri-Primêr |
Koshuisinwoning | Remediëring | Opvoedkundige Uitstappies| Nasorgsentrum | Futurekids | Crafty Kids

Voorwoord

Die grondslagfase bestaan uit 3 pre-primêre en 4 Graad 1-klasse, 3 Graad 2-klasse en 3 Graad 3-klasse. Die klasgroottes is nie groter as 35 leer-ders per leerkrag nie. Deeglike beplanning en goed opgeleide leerkragte in nuwe Hersiene Kurrikulum maak dat die leerders in die Grondslagfase puik akademiese onderrig ontvangontvangontvang.

Dit is vir Laerskool Oranje-Noord van uiterste belang dat elke
leerder se grondslag stewig gelê word. Oranje-Noord stel hom dit ten doel om elke leerder se individuele behoeftes en talente soos musiek, tegnologie, kuns en kultuur, godsdiens en sport te
ontwikkel, sodat u kind na die Intermediêre– en Senior
fase kan oorgaan as ‘n goed toegeruste en gebalanseerde leerder.

Dit is baie belangrik dat die verskillende fases in Oranje-Noord nie losstaan van mekaar nie, maar as ‘n integrale deel bestuur en hanteer word. Die Grondslagfase se inligting word in die
inligtingstuk apart hanteer aangesien daar ‘n groot vraag na die besondere inligting by toetreders van die grondslagfase is.

Indien u verdere inligting verlang kan u gerus met die skool skakel.

P.D. VAN DER MERWE
SKOOLHOOF

Algemene Inligting

Skoolhoof: Mnr. P.D. van der Merwe
Adjunkhoof: Mnr. E.E. van Rooyen

Departementshoof
Grondslagfase: Mev. Y. Kiewiet
Intermediêr: Mnr. G. Nel
Senior fase: Mnr. A. Slabbert

Posadres:
Die Skoolhoof
Laerskool Oranje-Noord
Posbus 393
UPINGTON
8800

Straatadres:
Schröderstraat 109
UPINGTON
8800

Telefoon:
[054] 3323776
[054] 3324451

Faks:
[054] 3324288

E-pos: pdvdmerwe@lantic.net
E-pos: admin.lon@lantic.net

Kantoorure:

Somer: 07:00 tot 15:00
Winter: 07:30 tot 15:30

Kantoorure

Somer: 07:00 tot 15:00
Winter: 07:30 tot 15:30

Skooltye

Eerste en Vierde kwartaal:
Graad 1: 07:00 tot 11:50
Graad 2: 07:00 tot 12:30
Graad 3: 07:00 tot 13:00
Graad 4 - 7: 07:00 tot 13:00

Tweede en Derde kwartaal:
Graad 1: 07:30 tot 12:20
Graad 2: 07:30 tot 13:00
Graad 3: 07:30 tot 13:30
Graad 4 - 7: 07:30 tot 13:30

Skooldrag

 

Seuns: Somer
Kortbroek: Grys (Sajet of Terrylene)
Hemp: Wit kortmou
Sokkies: Lang grys sokkies
Skoene: Swart

Seuns: Winter
Baadjie: Wynrooi windjekker met wapen(by klerebank)
Hemp: Wit langmou
Sokkies: Lang grys sokkies
Skoene: Swart
Trui: Wynrooi V-nek
Das: Wynrooi
Langbroek: Sien kortbroek

Meisies: Somer
Rok: Geruite rok
Sokkies: Kort wit sokkies
Skoene: Swart
Haarlinte: Wynrooi

Meisies: Winter
Baadjie: Wynrooi windjekker met skoolwapen
Trui: Wynrooi V-nek
Das: Wynrooi
Broek: Grys langbroek (rek agterom, band voor met rits aan kant)
Romp: Grys 6-baan
Sokkies: Grys lang sokkies of swart kouse
Skoene: Swart

Klerebank-tye

Somer:
Maandag 12:30 – 13:00
Woensdag 17:00 – 17:30
Vrydag 12:30 – 13:00

Winter:
Maandag 13:00 – 13:30
Woensdag 17:00 – 17:30
Vrydag 13:00 – 13:30

Beskikbaar by skool
Truie
Maroon sportbroeke
Sweetpakke
Wapens
Baadjies
Dasse
Sportsakke
Gholfhemde
Skoolrokke
Skoolrompe

Uitstappies
Kurrikulum-gerigte uitstappies
Burger-Strandhuis besoeke (jaarliks)

Musiek
Individuele lesse: klavier & blokfluit
Blokfluit-groepklasse
Unisa musiekeksamen

Fisiese geriewe
Skoolswembad
Rugby-/Krieketvelde
Tennis-/Netbalbane
Lugverkoeling
Koshuisfasiliteite by Hoërskool Duineveld
Groot, goedversorgde skaduryke terrein

Pre-Primêr
Eerste & Vierde kwartaal
07:30 tot 11:30
Tweede & Derde kwartaal
08:00 tot 12:00
Aansoekvorms by kantoor beskikbaar.

Ons Missie

Deur goeie en doeltreffende onderrig en opvoeding in ‘n dinamiese
skool die kind volgens Christelike beginsels op te voed tot ‘n
gebalanseerde volwassene en goed toegeruste wêreldburger in
die 21ste eeu.


Ons Visie

Deur onderrig en opvoeding van die leerling, in samewerking
met die bestuursraad en die ouers, die skool te handhaaf as die
beste laerskool in die Noord-Kaap.


Ons Skool streef na ...

Oranje-Noord as skool van die toekoms.
Christelike beginsels, waardes en norme.
‘n Hoë akademiese standaard.
‘n Gesonde balans tussen akademie, sport
en kultuur.
‘n Opregte belangstelling in die kind.
Ferm maar gesonde dissipline.
Onderrig deur medium van Afrikaans.
Omvattende fasiliteite.
‘n Gelukkige skoolomgewing.
‘n Plattelandse atmosfeer.
Goed opgeleide en toegeruste leerkragte.


Credo

Die kind is die belangrikste persoon in Laerskool Oranje-Noord.
Die ouer is die lewensbloed van ons skool.
‘n Ouer is deel van ons skool – nie ‘n buitestander nie.
‘n Ouer is nie afhanklik van ons nie, ons is afhanklik van mekaar.
‘n Ouer is ‘n persoon wat met aspekte rakende sy kinders na
ons kan kom.
‘n Ouer is iemand om mee te gesels, nie om swaarde mee te
kruis nie.
‘n Ouer verdien ons mees beleefde behandeling.

Ons bied

Akademie
Volledige akademiese onderrig
Leierskapontwikkeling
Individuele aandag
Didaktiese hulpprogram
Rekenaaropleiding / Rekenaaronderrig
Entrepreneurskap
Remediëring
Pre-primêre klasse

Sport
Atletiek
Rugby/Netbal
Tennis
Swem
Krieket
Mini-krieket
Hokkie

Kultuur

Junior/Senior koor
Skoolkoerant
Kunsklasse – Crafty Kids
Redenaars
Slagorkes

MUSIEKFEES

Blokfluit, klavier, sang, sangspeletjies, slagorkes en kore vorm deel
van hierdie fees.

Junior Primêre Prefekte

48 leerlinge uit graad 2 en 3 kry elke jaar die geleentheid om op die Junior Leerlingraad te dien. Dit bied die leerlinge die
geleentheid om hul leierseienskappe te ontwikkel.

Skoolkoerant

Die Rooiby, is ‘n koerant vir elke “Rooiby”. Die koerant word twee keer per jaar uitgegee en is propvol oulike kinder sêgoed, artikels, in-kleurprente, pretblaaie en interessante nuus van die skool. Die Rooiby is ‘n moet vir elke kind.

Skoolkoor

Vroeg elke jaar word alle nuwelinge die geleentheid gegun om ‘n stemtoets te ondergaan. Kinders wat op ‘n vroeë ouderdom aan musiek blootgestel word se vrymoedigheid en selfvertroue word beslis verbeter. Om op die regte toonhoogte te sing is ‘n talent, party ontwikkel dit net stadiger. Met deelname aan die junior koor word leerders blootgestel aan stemontwikkeling. Die junior koor tree by baie geleenthede deur die jaar op.

Slagorkes

Iets wat vir ons altyd ‘n interessantheid inhou is dat die nootvaste sangertjie nie noodwendig goed ritme kan hou nie en ook andersom. Om jou ritme te behou terwyl ander groepe instrumente ander ritme–patrone speel, verg konsentrasie. Daarom is dit ‘n heel ander toets wat elke individu moet slaag om aan die slagorkes deel te neem.
Leerders geniet die slagorkes geweldig en die groepdeelname is heerlik.

Musiekonderrig

Laerskool Oranje-Noord is bevoorreg om goed opgeleide musiekleerkragte te hê. Musiekonderrig behels individuele klavier– en blokfluitonderrig. Asook blokfluitonderrig in groepsverband (beginners) en onderrig in musiekteorie. Beginners ontvang twee lesure per week waarin praktiese en teoretiese werk gedoen word. Soos hulle vorder verander dit in twee praktiese
periodes en twee teoretiese periodes in groepsverband. ’n Vier-week siklus word gevolg om te verhoed dat ’n leerling te veel werk in een vak verloor. Leerlinge neem deel aan musiekfeeste en dié wat kwalifiseer, word ingeskryf vir UNISA-musiekeksamens of Royal Schools Eksamens..

‘n Musiekkonsert, waar elke leerling ‘n kans kry om op te tree, sluit ons musiekjaar af. Aangesien ons ‘n waglys het, word ouers aangeraai om kinders so vroeg as moontlik in te skryf. Inskrywingsvorms is by die sekretaresse beskikbaar. Musiekonderrig begin in Graad 2.

Sport

Aan die begin van elke kwartaal ontvang die leerders ‘n nuwe buitemuurse program. Dit is so saamgestel dat leerders aan al die aktiwiteite kan deelneem.

Atletiek

Aan die begin van elke jaar is die skool se kleurebyeenkoms waaraan al die leerders deelneem. Leerders wat dan kwalifiseer word afgerig vir die Sone-en Streekbyeenkomste. Vir die kleurbyeenkoms oefen almal in die oggend voor die ergste warmte. Die dag word dan aangepas om die oefening te akkomodeer.

Balspele

Gedurende die eerste kwartaal, net na die atletiek, begin die balspele. Met hierdie aktiwiteit ontwikkel die leerkragte die leerders se vaardighede vir alle balsportsoorte.

Hand-oog koördinasie kry baie aandag en die leerders geniet dit om speletjies in kompetisie te speel. Balvaardigheid help ook leerders met hul syfervaardigheid.

Mini Hokkie

Reeds in Graad 1 word met hokkie begin. Dit vind gedurende die derde kwartaal plaas met balle en stokke wat die skool vir die Graad 1-leerders leen. Die leerders word die vaardighede wat nodig is om
hokkie te kan speel aangeleer en die oefeninge is vir die leerders vet pret. Aan die einde van die seisoen word ‘n aktiwiteitsdag in groepsverband vir die leerders aangebied.

Mini Krieket

Seuns en dogters van Graad 1 tot 3 kry die kans om mini-krieket te speel. Al die verskillende tegnieke van krieket word ingeoefen. Dit is wonderlik om te sien hoe elke kind se veldwerk, boulwerk en kolfaksie verbeter.

Mini Netbal

Al is die grondslagfase leerders klein speel hulle alreeds twee verskillende posisies in een wedstryd. Blootstelling aan verskeie posisies ontwikkel ‘n verantwoordelikheidsin by elke speelster. Met mini netbal word vaardighede op ‘n ontspanne wyse ontwikkel

Rugby

By Oranje-Noord is die ontwikkeling van die kind in sy totaliteit baie belangrik. Vanaf °/7 tot °/9 is dit ons doel dat die kinders die rugby geniet. Hulle word geleer om deel van ‘n span te wees en die belange van sy span voorop te stel. In hierdie proses word die speler ook die basiese vaardighede van die spel aangeleer. Sodoende ontwikkel u seun op psigiese— sowel as fisiese vlak.

Laerskool Oranje-Noord se Grondslagfase-rugbyspelers beskik oor baie talent en balvaardighede. Voeg hierby elke speler se entoesiasme vir die spel en die wil om te presteer, dan kan u verstaan waarom Oranje-Noord se rugby so suksesvol is.

Tennis

Tennisafrigting geskied vanaf Julie tot November. Die skool beskik oor die dienste van ‘n professionele tennisafrigter, wat klein groepies leerders twee maal ‘n week teen ‘n billike tarief afrig.

Alle ander leerders wat wil tennis speel, word deur lede van die personeel afgerig.

Swem

Die Grondslagfase leerlinge kry een keer per week geleentheid om hulself in die groot swembad af te koel wanneer die Upington son genadeloos oor ons skyn. Leerlinge word gehelp om watervrees te
oorkom en basiese swemvaardighede aan te leer. Daar word ‘n heerlike swemspele aan die einde van die seisoen gehou. Elke leerling in die Grondslagfase neem deel, of hy kan swem of nie. Verskillende speletjies word vir elke graadgroep aangebied. Ouers mag die dag bywoon.

Pre-Primêr

Laerskool Oranje-Noord se Pre-Primêr is beslis ‘n lekker speel-speel leerplek vir u kind se skoolvoorbereiding:

Tye
Somer: 07:30 tot 11:30
Winter: 08:00 tot 12:00

Aansoekvorms is beskikbaar by die kantoor.

 

Hasie Kalbassie Speelskool

Hasie Kalbassie is ons naam
Hier speel ons lekker saam
Ons kan knip en plak en bou
Kom kyk gerus
Ons wag vir jou!



Word speel-speel slim: Tema wissel weekliks

Beweging: Oefen klein– en grootspiere

Speletjies en sang: Volgens tema
Jaarlikse konsert en diplomaplegtigheid

Uitstappies: Die natuur, omgewing, beskermingsdienste

Tye:
Eerste en Vierde kwartaal:
07:00 tot 11:30 (nasorg tot 13:00)

Tweede en Derde kwartaal:
07:30 tot 12:00 (nasorg tot 13:30)

KONTAK: Mev. E Coetzee—Telnr: 0720860270 vir enige navrae

Koshuisinwoning

Oranje-Noord beskik oor uitstekende aparte, kindervriendelike kos-huisfasiliteite by Hoërskool Duineveld.

Remediëring

Oranje-Noord is bevoorreg om spesialis opvoeders in remediëring te hê. Leerders wat leerprobleme het in lees, spel, wiskunde en skrif kry hulp by die skool deur en onder leiding van die betrokke opvoeders. Die hulp geskied in die middag.

Opvoedkundige Uitstappies

Opvoedkundige uitstappies word gereeld onderneem met die uitsluitlike doel om aansluiting te vind by die werk wat in die verskillende leerareas gedoen word.

Nasorgsentrum

Somer: 11:30 tot 17:30
Winter: 12:00 tot 17:30

Die aparte klaskamers is ingerig om ‘n ontspannende sowel as
leeratmosfeer vir die kinders te skep.

Die nasorg behels die hou van toesig, verleen hulp en kontroleer die leerders se tuiswerk. Geen middagetes/verversings word verskaf nie. Die dames van nasorg sien toe dat die leerders hul buitemuurse bedrywighede bywoon.

Kontak: mev. Antoinette Beukes, telnr: 3326273 vir enige navrae

Futurekids

Futurekids se kurrikulum is uitkomsgerig en ontwerp om u kind te leer om die rekenaar in totaliteit as hulpmiddel te bemeester.

Die kurrikulum, wat op temas gebaseer is, sluit die volgende tegnologie-onderwerpe in:

  • Bedryfstelsels
  • Databasisse
  • Grafieka
  • Multi-media
  • Telekommunikasie
  • Woordverwerking
  • Rekenaarpublikasies
  • Spreitabelle
  • Programmering
  • Toegepaste tegnologie

Hierdie fasette word op elke kind se vlak van ontwikkeling aangebied. Dit vorm deel van die buitemuurse program van die skool en duur een uur per week.

Crafty Kids

By Crafty Kids raak kinders speel-speel kreatief. Ons maak versierings,
geskenke en skilderye. Ons werk met klei, papiermâché, gips, stysel, kerswas en pastille. Ons verf met akriel-, olie-, glas-, water– en materiaalverf. Alles word voorsien en dit wat jy maak, neem jy huis toe. Kom deel in die pret en verbeter jou handvaardigheid en koördinasie. Word sommer ook ‘n Entrepreneur.

 

 
logo